A post shared by Trevor Noah (@trevornoah) on

Die Suid-Afrikaans-gebore Trevor sal gehore op Donderdag 10 Augustus en Vrydag 11 Augustus by die Ticketpro Dome in Johannesburg vermaak. Die vertonings sal handel oor hoe sy lewe verander het ná die groot deurbraak wat hom na Amerika laat emigreer het. “Dra harde hoedens, want ons gaan mense slaan,” het Trevor glimlaggend gesê in ’n video waarin hy die vertonings aankondig.

Die komediant is deesdae veral bekend as aanbieder van The Daily Show, ’n satiriese Amerikaanse nuusprogram. Hy het die aanbieding daarvan in September 2015 by Jon Stewart oorgeneem.

Kaartjies is van 20 Februarie van R300 by ticketpros.co.za beskikbaar.