Op die webtuiste www.deadline.com is berig Trevor se komedie en lewe sal die inspirasie vir die sitkom wees.

Overbrook Entertainment, ’n onderneming waarvan die Hollywoodse glanspaar Jada Pinkett Smith en Will Smith mede-eienaars is, sal die halfuur lange program vervaardig.

Geoffrey York, Afrika-korrespondent van The Globe and Mail het in ’n twiet laat hoor: “Kom ons hoop net Will Smith verander Trevor Noah nie in The Fresh Prince of Soweto nie.” - SAPA