’n Ma van Indiana in Amerika het haar oorlede seun se gunsteling-speelgoed -- 200 klein karretjies -- orals in hul buurt weggesteek vir vreemdelinge om te vind.

[caption id="attachment_150994" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie. Foto ter illustrasie.[/caption]

Tracey Blackmore se seun, Brook, sou op 20 Desember vanjaar sy sewende verjaarsdag gevier het.

Op 13 Junie 2015 was klein Brook, toe net ses jaar oud, gedaignoseer met breinkanker. Hoewel hy verskeie keer bestraling ontvang het, was die kanker reeds so erg gevordered dat dit moeilik behandel kon word.

Die kanker het deur klein Brook se liggaam versprei; hy is op 21 Mei vanjaar oorlede.

“Sedert ons seuntjie weg is, is dit verskriklik moeilik vir ons om sy dood te verwerk. Ons mis sy lag en die vreugde wat hy ons gebring het verskriklik,” het Tracey in ’n onderhoud aan ABC News gesê. Tracey en haar man het nog ’n drie-jarige tweeling.

“Ons het besef dat ons onsself kan jammer kry, of ons kan iets daaromtrent doen,” het Tracey gesê.

Brooke se sewende verjaarsdag is om die draai en in ’n poging om hom te onthou tydens die feesseisoen het Tracey begin om al haar seun se geliefde karretjies in Brooke se gunsteling-plekke in en om hulle woonbuurt weg te steek. Sy het karretjies versteek in sy gunsteling-restaurant, -speelpark en by sy kleuterskool.

“Brooke was nog altyd lief gewees vir die karretjies. Dit het nie saak gemaak of hy by die huis was en of hy skool toe is nie, hy het altyd ’n karretjie by hom gehad. En hy sou presies kon vertel waar hy elke karretjie van hom gekry het en by wie. Hy het ook ’n karretjie saam hom geneem na elke bestralingsessie,” het Tracey vertel.

Tracey het gesê sy wil net bietjie liefde en geluk versprei aan wie ookal die karretjies vind.

“Ek wil ander inspireer om aan te hou veg en om braaf te wees – en hopelik sal hulle ook iets goed vir iemand anders kan doen.”

Bronne: abcnews.com; stuff.co.za