Dit het ’n instelling geword danksy die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie se poging om kopiereg en die druk en lees van boeke te bevorder. Die eerste Wêreldboekedag is op 23 April 1995 gevier, maar in die Verenigde Koninkryk word dit jaarliks op die eerste Dinsdag in Maart gevier.

Om dié geleentheid te vier gee Penguin-uitgewers aan een gelukkige leser ’n geskenkpak met tien moet-lees boeke. Gaan loer hier hoe jy dit kan wen.

Maar hoekom juis 23 April?

Boekhandelaars in Katalonië, Spanje, het in 1923 die eerste verband met 23 April geskep. Die skrywer Vicente Clavel Andrés het dit as ’n manier gesien om die skrywer Miguel de Cervantes, wat veral bekend is vir sy boek oor die windmeulbetottelde Don Quixote, te vereer. Miquel het op 23 April 1616 gesterf, en so ook die Engelse skrywer William Shakespeare en die Spaanse geskiedkundige en skrywer Garcilaso de la Vega.

Boeke en die druk daarvan het ’n lang geskiedenis. Die eerste “draagbare” dokumente in die vorm van kleitablette het reeds rondom 3000 v.C. die ronde gedoen. Die Egiptenare ook in daardie tyd geskrewe teks op papirus die lig laat sien.

Sowat 200 v.C. het Chinese op skulpe, hout, sy en bene geskryf. Die eerste papier is in China ontdek toe Cai Lun ’n vel papier uit onder meer moerbeie, visnet, ou lap en hemp-afval gemaak het. Die heel eerste boeke is hier gedruk en die enigste oorblywende boek dateer uit 868, in die tyd van die Tang-dinastie.

Johannes Gutenberg se uitvinding van die drukpers rondom 1440 het ’n geweldige ommeswaai in die produksie en beskikbaarheid van boeke meegebring. Skielik was ’n boek nie meer net ’n enkele uitgawe nie; meer kon op versoek vervaardig word.

Danksy die wonderlike uitvinding van stoomdrukperse so skuins voor 1820, gevolg deur stoompapiermeulens, het meer boeke in meer hande beland. Dit was nie meer ’n item net vir die rykes nie, want die prys van boeke het ook aansienlik gedaal.

Tikmasjiene het gekom . . . en gegaan. Rekenaars het gekom . . . en gebly. Vandag kan ’n mens op soveel verskillende maniere toegang kry tot boeke. Van biblioteke tot boekwinkels (tweedehandseboekwinkels is een van die groot afsetgebiede vir boeke), aanlyn winkels (waar jy spesifieke harde- of sagtebandboeke kan bestel) en natuurlik e-boeke – op jou slimfoon, op jou tablet, op jou rekenaar. Enige tyd, enige plek.

Moenie wag dat Wêreldboekedag jou bekendstel aan die wonder van woorde in gedrukte of gerekenariseerde vorm nie. Hier is nege goeie redes om ’n boek oop te slaan, in watter formaat ook al:

1. “Iemand wat lees, leef 1 000 lewens voor hy sterf.” – George R.R. Martin (Amerikaanse skrywer van A Game of Thrones)

2. “Ek glo iets baie betowerend kan gebeur wanneer jy ’n goeie boek lees.” – J.K. Rowling (Britse skrywer van die Harry Potter-reeks)

3. “Boeke is die vliegtuig, en die trein, en die pad. Hulle is die bestemming en die reis. Hulle is huis.” – Anna Quindlen (Amerikaanse skrywer/joernalis)

4. “Boeke is ’n unieke, draagbare betowering.” – Stephen King (Amerikaanse rillerskrywer)

5. “Ja, boeke is gevaarlik. Hulle moet gevaarlik wees; hulle bevat idees.” – Pete Hautman (Amerikaanse skrywer van jeugboeke)

6. “Moenie iemand vertrou wat nie ’n boek saamgebring het nie.” – Lemony Snicket (Daniel Handler, Amerikaanse joernalis en skrywer van onder meer A Series of Unfortunate Events)

7. “Talle mense, ek ook, voel beter sodra jy ’n boek net sien.” – Jane Smiley (Pulitzer-pryswenner)

8. “Jy weet jy het ’n goeie boek gelees wanneer jy die laaste bladsy omblaai en dit voel of jy ’n vriend verloor het.” – Paul Sweeney (hoof-ekonoom van die Ierse kongres van vakbonde)

9. “Daar is meer skatte in boeke as al die seerowersbuit op Skatkis-eiland.” – Walt Disney (Amerikaanse entrepreneur, filmvervaardiger)

Bronne: wikipedia.org, csu.edu.au, quotesabout.us, readingrockets.org

Ons gee ’n geskenkpak met tien moet-lees boeke weg. Gaan loer hier om te sien hoe jy kan wen.

Ander stories op Huisgenoot.com

Is jy een van die hand vol kreatiewe mense wat dié optiese illusie kan uitpluis?

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Hoe goed kan jy Engels praat?

‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie

Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders