Van tuisbly-ma’s wat loopbaangerigte vroue veroordeel (en omgekeerd), tot die hele debat rondom borsvoeding teenoor melkformule, die mamma-oorloë kan nogal katterig raak soos ouers stry oor wat die beste vir kinders is.

En nou steek ’n nuwe advertensie draak met die manier hoe ouers mekaar veroordeel. Dit skop af as ’n skreeusnaakse, oordadige weerspieëling van die gestryery tussen ouers, maar lewer teen die einde ’n kragtige boodskap.

Kyk hier daarna:

-Petro-Anne Vlok

BRON: youtube.com