Aanhangers van die kykNET-sepie Suidooster huil al dae lank lang trane nadat die geliefde karakter Jerome October Maandagaand op die kassie breindood verklaar is ná ’n motorongeluk.

jerome

Toe word hul ergste vrese Woensdagaand bewaarheid: Bridgette (Denise Newman) en Ian (Abduraghmaan Adams) se enigste seun sterf.

Sedertdien klap die tonge omtrent in die sosiale media oor die besluit om Jerome (Danny Ross) uit dié Kaapse sepie te skryf. Selfs die vervaardigers en skrywers van Suidooster moes vure doodslaan toe kykers wyd en syd hul misnoeë met die besluit uitspreek.

“Ek het geen idee gehad die karakter wat ek gespeel het, het soveel lewens geraak nie,” het Danny op Instagram en Facebook vertel. Hy het ook mense bedank vir hul steun. “Dankie aan ’n ieder en ’n elk wat my help groei het in nie net ’n beter storieverteller nie, maar ook as mens.

“Nes julle is ek hartseer om die karakter te groet,” het hy bygevoeg. “Vir almal wat vra hoekom ek weg is: Die tyd het aangebreek vir my om ’n blaaskans van die program te neem weens verskeie redes, insluitend om die gawe waarmee God my geseën het, te verken.

“Dit was vir my, net soos vir julle, ’n skok toe ek uitvind my karakter gaan sterf. As dit enigsins iets beteken . . . Ek is jammer julle, die besluit was nie in my hande nie.”

Wow im overwhelmed by all the love im receiving from all the Suidooster viewers.I had no idea the character i portrayed had affected your lives like it did.Thank you.Thank you for tuning in supporting us and making the show a huge success.Thank you to each and every one who has helped me grow into not only a better storyteller but also a person. Those who took your time to listen, without judgement, gave without expecting anything back , those who gave their best every single day. Ive learned so much from this journey as Jerome October. And i hope i have given you an honest raw truth whilst telling his story.Just like you i am sad to say goodbye to the character. To everyone asking why i left, the time came for me to take a break from the show due to various reasons and also to explore this gift ive been blessed with by God. As much as it was a shock to you it was to me when i found out my character was going to die. If it means anything... Im sorry guys that decision was not in my hands. Thank you for all the messages of encouragement , support and well wishes. Thank you to the Suid- Ooster team for trusting me with this character. Those who went the extra mile making our responsibility lighter. Thank you. Remember God is beautiful. Find God in you, trust it. Take risks , only then you will see the power you have inside of you. Much love ! #storyteller #actor #suidooster #theoriginalJO #jeromeoctober #film #soapie #truth #love #iam

A post shared by Danny Ross (@i_am_dannyross) on

Suidooster se vervaardigers hou vol Danny het geweet sy karakter gaan sterf. “Hy het ons in November verlede jaar laat weet hy gaan nie sy kontrak hernu nie en die storiespan moes daarmee werk,” sê Paul Venter, een van die vervaardigers.

“Die besluit is nie alleen geneem nie; almal moes saam sit en besluit hoe ons dit gaan maak werk. Ons het besluit as Jerome die storie gaan verlaat, moet ons dit met ’n bang doen. Die akteurs weet dat hulle altyd ’n bydrae kan lewer oor enige karakter, maar die (finale) besluit lê steeds by die storiespan.”

Volgens Paul weet die akteurs lank voor die tyd wat met hul karakters gaan gebeur. “Danny was heeltyd bewus daarvan. As jou kontrak by Suidooster eindig, dan is jy klaar; ons handel nie kontrakte af om dit later weer te begin nie.

“Ons skryf hierdie stories om ware lewensdramas uit te beeld. Ons het natuurlik die reaksie verwag, dit is ’n sepie, maar dit het ook ons verwagtings oortref,” voeg hy by.

“Ons voel dit saam met die mense. Ons het elke dag gehuil toe ons die episodes skiet. Ons het gehuil toe ons die episodes redigeer en elke dag hierdie week toe ons na die episodes kyk. En dit is maar net ’n getuigskrif vir hoe ongelooflik Danny is,” vertel hy.

Suidooster het ook in die sosiale media gevra kykers moenie kwaad wees vir Danny oor sy besluit om sy akteursloopbaan in ’n ander rigting te stuur nie. "Toe Danny vir ons sê hy gaan Suidooster verlaat, het ons geweet Jerome October kan nie net stil-stil verdwyn nie."

“En onthou, Suidooster vertel ware stories oor hoe die lewe is - en vandag is ’n geliefde mens nog daar en môre kan alles in ’n oogwink verander.”

Ten laaste wil Paul net kykers herinner: “Onthou, Jerome is dood, nie Danny nie.”

Hi julle! Dit is ongelooflik hartseer dat ons van Jerome moes afskeid neem en ons het geweet dit gaan vir niemand maklik wees nie! Maar, ons vra asseblief dat julle Danny Ross (wat Jerome gespeel het) se besluit respekteer om sy akteursloopbaan in ’n ander rigting te stuur. Toe Danny vir ons gesê het hy gaan Suidooster verlaat het ons geweet Jerome October kan nie net stil-stil verdwyn nie… En, onthou Suidooster vertel ware stories oor hoe die lewe is - en vandag is ’n geliefde persoon nog daar en môre kan alles in ’n oogwink verander. Danny sal altyd ’n geliefde lid van die Suidooster-familie wees en hy praat ook eksklusief met Kuier-tydskrif (wat van 30 Maart te koop is) oor sy besluit om Suidooster te groet.

A post shared by Suidooster Fanpage (@suidoosterfanpage) on