‘n Man en sy bure se drie kinders het in Middelburg, Mpumalanga, verongeluk toe hy hulle vir ’n pretrit in sy splinternuwe Golf geneem het, berig Netwerk24.

Joe Magagula is ná die ongeluk in die hospitaal dood en die kinders, Lwazi (10), Lethu (7) en Minenhle (5) Nkosi, is op die ongelukstoneel dood.

Hulle was hul ouers se enigste kinders. Joe se eie tienjarige seun, wat ook in die ongeluk was, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens Netwerk24 het Joe Vrydag 16:30 sy splinternuwe Golf 7 gekry.

Hy het glo kort voor 21:00 sy bure naby ’n eetplek raakgeloop en die buurkinders het gevra of hulle ’n entjie in die nuwe motor kan gaan ry.

Dis nie duidelik of Joe se seun voor of agter gesit het nie, maar hy het saamgery.

'n Kilometer verder het die Golf ’n boom getref en die slag was so hard dat dit die motor in twee geskeur het.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

Groot skok vir familie: Lyk in kis is toe nie dié van hul ‘verlore’ suster

Niks kom glo van ‘doekrampokker’ se beloftes