Die ma se eenjarige is deur paramedici buite die motor gevind en is steeds in ’n kritieke toestand. Die ander twee kinders het matige beserings opgedoen.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het aan News24 gesê die drywer van die voertuig, vermoedelik die kinders se pa, het slegs ligte beserings opgedoen. Hy is saam met die kinders na die Potchefstroom Provinsiale Hospitaal geneem.

Die ma het aan ernstige beserings beswyk en is reeds op die toneel dood verklaar.

Van die twee insittendes in die ander voertuig het slegs een matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Bron: News24