Die ongeluk het teen omstreeks 09:00 net buite Theunissen in die Vrystaat plaasgevind, sê Dr. Dirk Hermann, voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand en Bestuurshoof van Solidariteit.

“Die gesin was op pad om hul Kersvakansie saam met familie deur te bring.”

André (13) en Rachel (8) het op die toneel gesterf.

Danie se vrou, Lise (42), is in ’n baie ernstige toestand in ’n hospitaal op Welkom opgeneem, sê Ernst Vorster, woordvoerder van die familie. Johan (10) word in dieselfde hospitaal behandel.

Danie en sy ander twee kinders, Mieke (15) en Daniël (2) het slegs ligte beserings en kneusplekke opgedoen, sê Ernst.

Dit is nog onduidelik hoe die ongeluk plaasgevind het.

Dirk het namens die Solidariteit Beweging en Solidariteit Helpende Hand hul meegevoel met die familie uitgespreek.

Danie het in Januarie 2012 by Solidariteit Helpende Hand diens aanvaar. Voor dit was hy die hoof van die FAK.