Chris se ma, Jeanne Parr (92), is oorlede. Sy was ’n formidabele vrou wat as ’n baanbreker-joernalis vir die Kanadese uitsaaidiens CBS bestempel is. Jeanne was een van die nuusgroep se vroue-korrespondente.

Haar toetrede tot die joernalistiek was die gevolg van ’n flater wat sy tydens ’n plaaslike nuusuitsending gemaak het. Jeanne was besig om die weer aan te bied toe sy tred verloor met waar Arkansas is. Natuurlik het dit op die ikoniese What’s My Line? beland en dit was hierdie episode wat haar na bewering ’n geleentheid by Channel 2 in New York besorg het.

Waar so ’n blaps menige loopbaan sou sink, het dit haar loopbaan ’n geweldige hupstoot gegee. In 1978 het sy selfs haar eie kletsprogram gehad: The Jeanne Parr Show. Sy’t ook ’n boek die lig laat sien. Die boek, getiteld The Superwives, het die verhaal van superster-atlete en hul lewensmaats vertel.

Jeanne het drie seuns: Charles (’n prokureur), Michael (’n psigoterapeut) en Chris wat vroue in Sex In The City as Mr. Big, in The Good Wife as Peter Florrick en as Mike Logan in Law & Order laat swymel.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nóg ’n terugslag tref Bill Cosby tydens sy seksverhoor

5 van die koelste eksperimente wat tans op die Internasionale Ruimtestasie uitgevoer word

Kamera, ligte en aksie! Ons HG-fliek is in wording

Skoknuus in ondersoek na gedoemde EgyptAir-vlug bekend gemaak

O koek! Die ‘reëndruppelkoek’ met sy byna geen kilojoules neem die internet op horings