Dertien mense is Saterdagaand in ’n trompop-botsing in die Noordwes oorlede, sê die verkeersdepartement.

Simon Zwane, woordvoerder van die verkeersdepartement, sê die botsing tussen ’n minibus-taxi en motor het tussen 22:00 en 23:00 op die R505 tussen Wolmaransstad en Ottosdal plaasgevind. Altwee bestuurders van die verskillende voertuie is opslag dood.

Simon sê die verkeersdepartement ondersaak die saak.

"Die presiese oorsaak van die botsing is nog onbekend. Die verkeersdepartement doen ’n beroep op alle motoriste om ekstra versigtig op die paaie te wees as hulle in die aand ry.

"Dit is jammer dat hierdie ongeluk gebeur het ’n paar dae na die Noordwes-provinsie se regering sy Paasfees-veiligheidsplan bekendgestel het," sê Simon.

Hy sê die verkeersdepartement, alle provinsiale en munisipale verkeerswetstoepassing-owerhede sowel as die SAPD sal die komende week in volle krag teenwoordig wees.

Bron: News24