Rus in vrede, Bella, die driepotige kankerhond.

Toe kanker by Rob Kugler (34) van Lincoln, Nebraska, se sjokoladekleurige labrador gediagnoseer word, het die veearts haar ses maande gegun om te leef. Om ’n bietjie tyd te probeer wen, is haar kankerdeurdrenkte linkervoorbeen afgesit. Maar die kanker het toe reeds versprei. Rob, ’n afgetrede soldaat en akteur, het besluit om, liewer as om te wag op haar dood, ’n laaste reis kruis en dwars deur Amerika aan te durf. Stertswaaiend en met haar tong wat van vreugde uithang, het Rob se foto’s op sy Instagram en Facebook mense se hart vermurwe. Hulle reis saam was nie net inspirerende vir mense wêreldwyd nie, maar ook helend vir Rob, wat stry teen potensieel terminale depressie, wat tot selfdood kan lei. ’n Paar dae gelede kondig Rob op Instagram aan by ’n foto waarop hy vir oulaas haar oor streel, Bella is dood.

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on
Hy vra onder meer dat sy oorlede broer, wat in die oorlog in Irak dood is, en sy oudste suster, wat in ’n motorongeluk gesterf het, mooi na haar moet kyk. “Krap ’n paar keer haar maag. Verwelkom my meisiekind daar by julle. Ek is seker sy groet julle met ’n stert wat swaai. ’n Foto van die Bella in ’n dierehospitaal op 25 September het spoke onder #TeamRobandBella se duisende Facebook-, Twitter- en Instagram-volgers opgejaag. Toe reeds was hulle bang sy is sterwend.

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on

“Ná vandag se toetse lyk dit asof pynverligting die plan van aksie is, terwyl ons steeds probeer om die vinnige verspreiding van kanker in haar mond te beperk . . . Ek is baie bewus daarvan om besluite te neem in Bella se beste belang; nie vir myself, dokters of volgers nie. Dit gaan oor wat die beste vir haar is, wat die gemaklikste is en wat die minste indringend is.” Later laat Rob weet: “Herenig met my pragtige dogter ná ’n lang dag van toetse. Om na die CT-skandering te kyk, was ongelooflik omdat sy so lank so goed vaar met soveel kanker in haar lyf. Dit verstom selfs die dokters van die CSU Animal Cancer Center elke dag.” Die skandering het gewys sy is ’n goeie kandidaat vir spesiale bestraling sonder om openinge (fistels) aan haar lyf te maak. Rob was baie dankbaar daarvoor. Maar haar gesondheid het sedertdien agteruitgegaan terwyl hulle nog gereis het en vier dae gelede skryf Rob op Instagram: “Ek was nie seker of ek hierdie foto moes deel nie . . . Dit was die laaste intieme oomblik wat ek saam met Belle deurgebring het . . . Toe onthou ek wat die doel nog altyd was met die deel van ons verhaal: om ander te help wat self deur hul eie verlies gaan of pyn het weens die herinnerings aan daardie verlies . . . Dis vir my moeilik vandag. Ek kon haar toe nooit die skilderagtige heengaan iewers langs die water gee nie. Ek sal ons afskeid nooit vergeet nie.”

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on

In plaas daarvan dat ek haar by die veearts, het en met haar krematorium toe geryen haar uit die motor gedra. Toe die tyd aanbreek om weg te ry, kon ek eenvoudig nie. My hart het in duisende stukkies gebreek . . .”

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on

Twee dae gelede het Rob in ’n park gaan sit waar hy en Bella graag saam gestap het. Hy het gesit en mediteer en aan haar gedink. Uit die bloute kom ’n vrou met ’n swart labrador daar aan om water uit die rivier te drink. Sy vertel toe vir Rob sy het ook ’n hond verloor het en dit nie weer oor haar hart kon kry om daardeur te gaan nie. Nou vat sy maar ander mense se honde om te stap. Voor hulle waai kom die labrador na Rob toe, druk haar nat snoet teen sy wang asof sy hom soen. En op daardie oomblik besef Rob toe dis Bella wat hierdie “beskerm-engel” gestuur het om hom te troos.

A photo posted by Robert Kugler (@robkugler) on

Rob Kugler se webtuiste is www.rklifeillustrated.com.