[caption id="attachment_106458" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Met paramedici se aankoms op die toneel, was die ouma besig om kardiopulmonêre resussitasie op die kind toe te pas, sê Russel Meiring, ER24-woordvoerder.

Paramedici het gevorderde lewensondersteuning toegepas.

Die kind het ná ’n uur nog geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar.

Bykomende inligting oor die voorval was nie onmiddellik bekend nie.

Bron: News24