Die kind is in die hospitaal dood nadat sy ernstige kopbeserings in die aanval opgedoen het.

Die meisie is Saterdag na die bure se huis gestuur om ’n pakkie te gaan haal toe die voorval gebeur, het kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, aan News24 gesê.

Die hond was vasgemaak op die erf, maar het losgekom en die kind aangeval.

Die meisie is hospitaal toe geneem, maar het aan haar beserings beswyk.

Volgens Malcolm het beamptes gesê hulle gaan ’n dierewelsynorganisasie nader om die hond van die eienaar te verwyder.

’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen, maar daar kan dalk klagte gelê word, afhangend van voorleggings aan die staatsaanklaer, het Malcolm gesê.

OUERS, WEES GEWAARSKU!

Dit maak nie saak wat die ras van die hond is nie, ouers moet versigtig wees wanneer dit by honde en hul kleingoed kom, sê Lucy Breytenbach,’n dieregedragskenner van Kaapstad.

“Daar is geen spesifieke ras wat beter is vir gesinne met klein kinders nie,” het die stigter van Just Dogs aan Huisgenoot vertel.

WAARVOOR MOET OUERS OP DIE UITKYK WEES?

Ongelukkig kyk ouers soms subtiele tekens van ongemak by hul honde in die nabyheid van hul kinders mis, sê Lucy, wat ook daarin spesialiseer om honde op te op te lei om mediese toestand uit te wys, op te lei.

“Dit is jammer dat honde soms voel daar is geen ander opsie as om te byt nie.”

“Ouers aanvaar die hond moet hom gedra en oukei wees daarmee om rondgetrek te word deur hul kind, maar tog verstaan hulle nie dat dit nie normale gedrag (van die kind) is om te verwag nie.”

“Ouers moet uitkyk vir tekens van angs by die hond wanneer ’n kind teenwoordig is.”

“Hierdie tekens sluit ’n liplekkery, vermydingsgedragstekens soos wanneer hulle kopdraai, oogkontak vermy, grom, hul lywe wegbeweeg of selfs na die kind staar, in.”

’n Hond wat ’n bedreiging vir ’n kind is, sal gewoonlik nie basiese opdragte uitvoer nie en sal paniekerig lyk wanneer ’n kind hardloop of skree.

Die hond kan selfs probeer die kind in te hardloop.

“Ongelukkig het talle hond wat ’n mens ’n ‘aanvalsinstink’ noem en indien dit nie onderbreek kan word nie is daar moeilikheid.”

“ ’n Gehoorsame hond wat behoorlik gestimuleer word en oefening kry behoort nie ’n probleem te wees nie.” Maar selfs as jou hond mak voorkom, moet jy hulle interaksie met kleingoed dopgehou word.

“Soveel ouers laat hulle kinders toe om oor hulle honde te klim end it lei tot probleme,” sê Lucy.

fkeur in die kind.”

Dit is uiters belangrik om jou kind gesonde respek vir hond en ander diere aan te leer sê, Dr. Irma Aggenbach.

“[As ’n] hond onseker en bedreig voel, is hulle meer geneigd daartoe om aan te val.

“Indien jy of jou kind deur ’n dier gebyt is, kom so gou as moontlik by ’n dokter uit.

“Om ’n wond vinnig skoon te maak lei tot minder komplikasies en dit genees ook beter. Wees wakker, want infeksie kan dae – in sommige gevalle weke – nadat ’n wond genees het, posvat.”

Bronne: News24, Huisgenoot-argief