[caption id="attachment_165894" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Ebony Banks, wat ’n seldsame vorm van kanker gehad het, is Sondag dood. Dit was vier dae nadat die superster na die tiener, wat Ebob genoem is, deur FaceTime uitgereik het om haar laaste wens te bewaarheid.

Die onverwagte oproep het gebeur nadat Ebony se klasmaats aan die Alief Hastings-hoërskool in Beyoncé se tuisstad Houston Texas, vroeër vandeesmaand ’n veldtog in die sosiale media begin het om die swanger sangeres se aandag te trek onder die hutsteken #EBOBMEETSBEYONCE.

beyoncetragedy Hul plan het gewerk en hoewel die sangeres, wat swanger is met ’n tweeling, Ebony nie self kon besoek waar sy by die Anderson-kankersentrum van die Universiteit van Texas behandel is nie, het Beyoncé verlede Woensdag oor die foon met Ebony gesels. Videomateriaal van die roerende gesprek is aanlyn gedeel. Daarin sê Ebony vir haar popheldin: “Ek’s lief vir jou, Beyoncé,” waarop die 35-jarige popster antwoord: “Ek’s lief vir jou” en vir die kamera wuif.

’n Verteenwoordiger van die skool het ná die oproep op Twitter gesê: “Dankie aan almal wat gehelp het #ebobmeetsbeyonce @Beyonce.”

Beyoncé het nog nie kommentaar gelewer op Ebony se dood nie. Haar afsterwe is bevestig met ’n inskrywing op die skool se amptelike Twitter-blad.

Medestudente aan die Alief Hastings-hoërskool het Sondag ’n kersligwaak by die LeRoy Crump-stadion gehou waar Beyoncé se liedjies gespeel en hulle saamgedans het om die jong meisie se lewe te vier.

© Cover Media