’n Gr. 10-leerder aan die Hoërskool Pietersburg (PHS) het hom Donderdagmiddag doodgeskiet, berig Netwerk24.

[caption id="attachment_121617" align="alignnone" width="638"]Onderskrif kom: Foto: Facebook
Sy skool het hierdie foto van hom gedeel met dié boodskap: “So sal ons A.J. Korff, gr. 10- leerder in ons skool, onthou. Netjies, vriendelik en op sy plek. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word. Aan sy familie en vriende ons innige simpatie. Julle sal die antwoorde en eindelike berusting net by God vind.” Foto: Facebook[/caption]

Die 15-jarige A.J. Korff is glo met ’n skietwond in sy kop in ’n veld naby sy ouerhuis gevind.

A.J. se ouers, Buks en Alida, het Donderdagmiddag op Facebook geskryf hy word vermis.

“Help asb. ons mannetjie, A.J., is soek. Ons is stukkend,” het hulle op Facebook gekryf.

PHS het op sy Facebook-blad geskryf: “Dit is met groot leedwese dat ons bekendmaak dat A.J. gevind is. Hy is oorlede. Op versoek van die polisie word geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.

“Ons versoek personeel en leerders om geen verdere boodskappe te stuur nie. Sy ouers moet nou berusting vind. AJ, ons sal jou vir baie onthou . . .

“Jy was Pietie die mascot en het sy Facebook-blad begin. Jy was altyd vriendelik en het ouer mense gerespekteer. Jou sitplek in gr. 10B is leeg. Jou stem is stil. PHS sal jou mis.

“Ons bid sy ouers, familie en vriende sterkte toe. God sal julle deur hierdie tyd dra.”

Emosionele boodskappe oor die nuus is in reaksie op die skool se Facebook-boodskappe gedeel.

[caption id="attachment_121618" align="alignnone" width="600"]A.J. as PHS se gelukbringer. Foto: Facebook A.J. as PHS se gelukbringer. Foto: Facebook[/caption]

A.J. was Pietie, die skool se gelukbringer. Die karakter het selfs sy eie Facebook-blad gehad.

“Ek is stom. Daar is nie woorde nie. Hy was en sal altyd ’n legend bly. ‘Pietie’, jou plek gaan so leeg wees langs die sportveld. Jy was alles waaroor ’n sportdag gegaan het,” skryf Wanda Badenhorst op PHS se Facebook-blad.

“My boetie, my maatjie, rus sag. My maat, ek het nie woorde om te kan sê hoe ek voel nie. Jy was een amazing mens. Jy het my altyd maak lag, veral in wiskunde wanneer ek boodskappe in jou boek skryf. Dankie vir die beste vyf jaar se vriendskap. Mag jy nou lekker rus by ons vader, God,” skryf Milanda Steyn.

* Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) neem selfdood en depressie onder tieners al hoe meer toe.

“Tieners is nie alleen nie. Daar is hulp daarbuite. Dit kan jou regtig help om jou probleme die hoof te bied as jy met iemand praat. Selfdood is ’n permanente oplossing op ’n tydelike probleem.”

Vir nog inligting en verwysing na kundiges en ander steungroepe, besoek Sadag of bel 011-234-4837. Hul tolvry nommer is 0800 567 567 en jy kan ook 'n SMS aan 31393 stuur.

Bronne: Facebook, Netwerk24

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Rocco de Villiers en Karen Zoid gaan jou lus maak om te tango

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s

Vrou wat ‘bang was vir kos’ leef drie jaar lank net van braaihoender