Charles Mkumbo, bevelvoerder van die Arusha-polisie, het aan Reuters gesê dat die kinders van die Lucky Vincent laerskool na ’n ander skool op pad was om ’n eksamen af te lê toe die bus van die pad af sleep en in ’n sloot val.

Dit het glo in reënerige toestande naby die Mlera rivier in die Meatu distrik gebeur.

Noodpersoneel het probeer om oorlewendes sowel as lyke van die bus te verwyder, berig BBC.

President John Magufuli het gesê dat dié ongeluk ’n nasionale tragedie is.

"Die ongeluk verwoes die drome van kinders wat hulself voorberei het om die land te dien, dit is ’n geweldige tragedie vir die betrokke families en die hele land," sê hy.

Mkumbo sê dat hulle die saak onderoek. "Ons moet bepaal of die ongeluk as gevolg van ’n meganiese defek of ’n menslike fout gebeur het," sê hy verder.

Bronne: BBC, The Guardian, News.co.au