John Bernecker, ’n waaghals, het Woensdag ’n vlugtoneel vir The Walking Dead in die Raleigh-ateljees in Georgia geoefen toe sake liederlik skeefloop.

Hy het gestruikel tydens die oefenlopie en byna 8 m van ’n balkon af tot op ’n sementvloer getuimel. John is na die Atlanta mediese sentrum gehaas waar personeel gou daarin kon slaag om die swelling van sy brein te verminder.

Dit was tevergeefs. John het volgens TMZ dieselfde dag nog beswyk, terwyl ander nuusbronne aandui dit was Donderdag.

  

Die verfilming van die reeks is voorlopig opgeskort.

“Dit is vir ons hartseer om bekend te maak dat John Bernecker, ’n talentvolle waaghals vir The Walking Dead en verskeie ander flieks en televisiereekse, ernstige beserings opgedoen het in ’n voorval op die stel,” het die reeksvervaardiger, AMC, vroeër Donderdag in ’n mediaverklaring gesê.

’n Paar uur later het The Walking Dead die hartseer nuus op Twitter gedeel:

 John se meisie, Jennifer Cocker, is ook ’n waaghals en het saam met hom op die stel van TWD gewerk.


Sy het Woensdag nog hartstogtelik gepleit vir hulp vir John.

John se waaghalsloopbaan het oor sowar 10 jaar gestrek. Hy het onlangs aan groot fliektitels gewerk, soos Black Panther (wat in 2018 uitgereik word), The Fate of the Furious en Logan (albei 2017).

Kyk hier na van sy toertjies

Bronne: metro.co.uk, pagesix.com, tmz.com