[caption id="attachment_150204" align="alignnone" width="600"]Foto: Google Maps Foto: Google Maps[/caption]

Neville Stuurman (41) van Bitoustraat, Smutsville, en sy familie was besig om te braai toe hy omstreeks 14:30 gaan swem en vermis raak, het sers. Chris Spies, Knysna-polisiewoordvoerder, aan Huisgenoot bevestig.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Dinsdag op sy webtuiste in ’n verklaring gesê ’n NSRI Wildernis- span het Neville met hul Swart Tobie- seereddingsboot gaan soek. Die plaaslike polisie se duikeenheid, ander polisielede, lede van die plaaslike buurtwag en die ER24-ambulansdienste het by die soekgeselskap aangesluit.

Die polisieduikers het Neville gevind en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Die forensiese patologiedienste het die lyk kom haal en die polisie het met ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Volgens Chris is Neville ná sowat twee uur gekry. ’n Lykskouing het getoon hy het verdrink, maar ondersoekers kon nog nie bepaal wat daartoe aanleiding gegee het nie.