Vir die meeste van ons is alledaagse aktiwiteite soos skoenveters vasmaak of hare borsel tweede natuur. Maar vir kinders met serebrale verlamming is dit soos towerkuns om sulke eenvoudige takies uit te voer.

Arbeidsterapeute en towerkunstenaars van Breathe Arts Health Research mik nou om rehabilitasie vir hulle maklik te maak; hulle vou letterlik iets in die mou.

Kinders met serebrale verlamming (ook bekend as hemiplegie) is gewoonlik aan die een kant van hul lyf verlam en sukkel met algemene take.

Tradisionele terapie-oefeninge kan help, maar baie kinders dink dit is vervelig, wat hul vordering belemmer.

Maar sit ’n towerstaf in daardie kind se hand en dit word ’n heel ander saak.

Volgens dr. Dido Green van die Oxford Brookes-universiteit verskaf die towerkunsies ’n motiverende konteks om moeilike handbewegings te oefen; die kunsies maak ook dat hulle vaardighede het wat ander in hul portuurgroep nie het nie.

Tesame met die swakheid in die een kant van hul liggaam het kinders met hemiplegie ook ’n lae selfbeeld.

“Hierdie kinders het ’n groot deel van hul lewe gehoor sekere dinge is onmoontlik: Dit is onmoontlik om daardie hand en arm te gebruik: dit voel onmoontlik om iets baas te raak,” sê Dido.

“Maar ons verander daardie mentaliteit, want hulle besef die onmoontlike is moontlik.”

- Janine Nel

Bronne: patient.co.uk, theguardian.com

Lees ook: