Die gewese ster van Beverly Hills, 90210 wys kykers alles in haar werklikheidsprogram True Tori.

En terwyl daar soms moeilike onderwerpe behandel word, soos haar man, Dean McDermott, se ontrouheid, dring Tori daarop aan dat sy van die nuwe blik op hul lewe hou.

Tori het ook gepraat oor hoe hul kinders, Liam (7), Stella (6), Finn (2) en Hattie (1), hul ouers se verhoudingsprobleme hanteer.

Terwyl die vierstuks niks oor hul pa se affair weet nie, het Tori onthul sy sal graag met hulle daaroor praat wanneer hulle ouer is.

“Wanneer hulle volwasse is, sal ek met graagte vir hulle vertel wat gebeur het – hulle weet nie van die affair nie,” het sy gesê. “Ek wil eendag met hulle kan praat en laat weet dat ek en hul pa gesukkel het, aan ons verhouding gewerk het en dit oorleef het. Ons is vasbyters en is steeds saam en sterker en gelukkiger as ooit. En ons het ons lewe gedokumenteer omdat ons gedink het dit kan ander help.”

Wenke oor hoe jy met jou kinders kan kommunikeer:

  • Vra jou kinders uit oor hul dag om ’n kommunikasiekanaal te open.
  • Maak dit ’n tweerigting-gesprek en vra vrae en dat hulle hul mening lug.
  • Stil tye soos wanneer julle saam in die motor is, is ideaal vir gesprekke.
  • Begin gesprekke deur hulle op hul naam te noem. Dit sal hul aandag trek.
  • Hou dit eenvoudig – lang, ingewikkelde verduidelikings kan verwarrend wees, veral vir kinders.
  • Hou gesprekke privaat en doen dit wanneer daar nie ander by is nie – jou kind sal makliker praat as dit net julle twee is.
  • Maar seker die gesprek is geskik vir jou kind se ouderdom.
  • Gee hulle inligting pleks van menings. Vra hulle hoe die inligting hulle laat voel of wat hulle daarvan dink, pleks van te sê hoe hulle moet voel of dat dit goed of sleg is.
  • Wees beskikbaar en moenie net praat wanneer dit jou pas nie – luister na jou kinders en let wanneer hulle ’n gesprek probeer begin.

Bronne: childdevelopmentinfo.com, kidshealth.org, Cover Media, askdrsears.com, apa.org