Jeff Hulbert van die Amerikaanse deelstaat Maryland hou op 24 Oktober ’n plakkaat op voor die Withuis. Hy teken protes aan teen ’n verpligte kwarantyn van mense wat uit lande terugkeer wat swaar deur Ebola getref is.

Inwoners en aktiviste bots met anti-Noord-Korea-aktiviste op 25 Oktober in Pajum, Suid-Korea, terwyl hulle die vrylating van ballonne met propaganda-boodskappe probeer keer. Nadat die Suid-Koreaanse regering besluit het anti-Noord-Korea-pamflette mag kragtens die lugvaartwet nie verbied word nie, het ’n groep konserwatiewe Suid-Koreaanse aktiviste pamflette wat kritiek teen Noord-Korea uitspreek, van ’n park op die grens die noord in te stuur.

Op 26 Oktober in die dorpie Gornostaipol, Oekraïne, gebruik ’n vrou ’n vergrootglas om tydens parlementêre verkiesings ’n stembrief te lees. Oekraïners het in verkiesings gestem wat verdeeldheid in die beleërde land kan versterk, asook pres. Petro Porosjenko se doel om die voormalige Sowjet-land op ’n pro-Westerse pad plaas.

Op 28 Oktober in Chicago, Illinois, kyk Robert Willis na ’n Halloween-masker by Fantasy Costumes. Sowat ’n derde van Amerikaners sal of ’n Halloween-partytjie hou of een bywoon; hulle sal na verwagting altesaam sowat R81 biljoen daarop bestee. Fantasy Costumes sal tussen 24 en 31 Oktober 24 uur per dag oop wees.

Tydens ’n Mandaeïstiese doopseremonie op 26 Oktober in die Nepean-rivier in Sydney, Australië, word ’n volgeling gedoop. Die klein Mandaeïstiese gemeenskap in Sydney kom elke Sondag bymekaar om tradisionele doopseremonies te hou. Dit is ’n groot deel van hul geloof; ’n dominee doop iemand in ’n vry-vloeiende varswaterrivier. Mandaeïste glo hulle stam van Johannes die Doper en is van die oudste gelowe ter wêreld. Hulle het aanvanklik in Irak en Iran voorgekom, maar die diaspora strek oor die wêreld heen met sowat 70 000 volgelinge.