Die aktrise, sangeres en welwillendheidsambassadeur vir UNICEF Selena Gomez maak op 22 Oktober ’n verskyning by We Day by Rogers Arena in Vancouver, Brits-Columbië, Kanada, voor 20 000 studente.

Op 21 Oktober by die Jacob K. Javits-konferensiesentrum in New York wys Barbara Smith (regs), ’n verpleegster by die Mount Sinai Health System, en Bryan Christensen, ’n dokter en lid van die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer se plaaslike infeksiebeheerspan vir die Ebola-respons, vir gesondheidswerkers hoe om beskermende klere behoorlik aan te trek vir wanneer hulle met mense werk wat die Ebola-virus onder lede het. Die uitrusting bestaan uit twee paar handskoene, ’n gaas-asemhalingsmasker, beskermende kappie, plastiek-gesigskerm, beskermende voering skoene, vloeistofbestande toga en reininger.

Op 23 Oktober by die Goue Tempel in Amritsar, Indië, steek ’n Indiese Sikh-aanbidder kerse aan om Diwali te herdenk. Sikhs vier Diwali om die terugkeer te herdenk van die sesde guru, guru Hargobind Ji, wat in die Gwalior-fort deur die Mughal-keiser Jahangir gevange geneem is. Hy is in1619 vrygelaathet, het terselfdertyd 52 politieke gevangenes bevry.

Op 23 Oktober bekyk ’n lid van die Amerikaanse geheime diens die grond om die Withuis in Washington, D.C. Die vorige aand het die 23-jarige Dominic Adesanya, van Bel Air, Maryland, oor die twee veiligheidsheinings gespring en oor die noordelike grasperk voor hy voorgekeer is.

Oscar Pistorius ná sy vonnisoplegging in die hooggeregshof in Pretoria op 21 Oktober. Regt. Thokozile Masipa het Oscar vyf jaar tronkstraf opgelê.