Die 46-jarige Hu, wat die helfte van sy skedel in ’n ongeluk verloor het, word afgeneem voor hy ’n pasgemaakte titaaninplanting kry wat met ’n 3 D-drukker gemaak is. Dit het op 27 Augustus by die Xijing-hospitaal in Xi’an-stad plaasgevind.

Kunstenaars wag hul beurt af om die by optog in die Notting Hill-karnaval op 24 Augustus in Londen aan te sluit. Die Notting Hill-karnaval is die grootste straatfees in Europa en is in 1964 die eerste keer deur die Karibiese gemeenskap gehou. Oor die naweek word die strate gevul deur mense met staaltromme, kleurvolle vlotte en kunstenaars in kostuums. Mense van die omgewing stroom om die karnaval te kyk.

[caption id="attachment_82265" align="aligncenter" width="600"]Foto: AP Photo/Mel Evans Foto: AP Photo/Mel Evans[/caption]

Die wenner van die Barclays-gholftoernooi, Hunter Mahan, verloor op Sondag 24 Augustus amper sy trofee toe sy dogter Zoe dit omstamp; sy vrou, Kandi, skrik groot.

Plaaslike kinders lê in Audregnies, België, op 24 Augustus op gras en kyk toe hoe lede van ’n geskiedkundige vereniging vyf kanonskote afvuur by die inhuldigingseremonie van ’n monument ter ere van die Britse Cheshire-regiment en ander soldate wat presies 100 jaar gelede op daardie plek tydens die Tweede Wêreldoorlog gesterf het.

Koerdiese Peshmergas bom op 24 Augustus ’n gebied van die Islamitiese Staat om beheer van die dorp Cevale in die Diyala-provinsie in Irak terug te kry. Die dorp is op 11 Augustus deur IS-militante ingeval.