[caption id="attachment_89733" align="aligncenter" width="500"]Photo: AP Photo/Rafiq Maqbool Foto: AP Photo/Rafiq Maqbool[/caption]

Indiese jongmense vorm ’n menslike piramiede en probeer die Dahi Handi, ’n kleipot gevul met jogurt, breek tydens die viering van Janamashtami op 18 Augustus in Moembai, Indië. Janamashtami is die fees wat die geboorte van die Hindoe-god Krishna herdenk.

[caption id="attachment_89734" align="aligncenter" width="500"]Photo: AP Photo/Dave Frechette Foto: AP Photo/Dave Frechette[/caption]

Kyle Larson klim uit sy motor nadat hy op 17 Augustus tydens die NASCAR Sprint Cup Series Pure Michigan 400 by die Michigan International Speedway in Brooklyn, Michigan, op draai 4 ’n ongeluk gehad het.

Sydnor Thompson (90) soen sy vrou, Harriette (90), in ’n uitbeelding van die bekende Times Square-soen, wat deur Alfred Eisenstaedt geneem is. Dit is geneem om die einde van die Tweede Wêreldoorlog en oorwinning oor Japan op 14 Augustus te herdenk. ’n Standbeeld van die bekende soen is ook by die geleentheid onthul.

Umu Fambulle staan op 15 Augustus in Monrovië, Liberië, oor haar man, Ibrahim, nadat hy hom in ’n Ebola-saal bewusteloos geval het. Mense wat vermoedelik Ebola het, word deur Liberiese gesondheidswerkers hierheen gestuur (Dit is ’n laerskool wat gesluit is.) Die Ebola-epidemie het al meer as 1 000 lewens geëis.

Palestynse Moslems doen op 15 Augustus ’n Vrydag-gebed in wat ná Israelse aanvalle oor is van die Al-Susi-moskee in Gasa-stad. Volgens die Palestynse gesondheidsminister se woordvoerder het die dodetal weens Israel se week lange aanval tot 1 962 gestyg; daar is ook 10 196 beseerdes.