1. Uit die kombuiskas: Asyn, uie, heuning, suurlemoen, basilieblare en knoffel verlig almal die jeukerigheid van ’n muskietbyt. Smeer eenvoudig ’n bietjie van die rou kossoort aan die geaffekteerde plek.
  2. Maak ’n pasta: Meng ’n bietjie sout of bakpoeier met genoeg water om ’n dik pasta te maak om die byt te behandel. Tandepasta help ook.
  3. Welriekende oplossing: Jy kan essensiële olies, aloë vera, mentol-mondspoelmiddel en selfs ’n droë koekie seep vir verligting aan die jeukerige deel vryf.
  4. Hou koel: Sit ’n paar ysblokkies in ’n skoon vadoek en hou dit teen die jeukerige deel as jy nie ’n koue kompres of jelpak het nie.
  5. Teetyd: Laat ’n teesakkie in kookwater trek en laat dit afkoel voor jy dit op die bytplek sit. As dit nie werk nie, kan jy die tee drink en probeer vergeet van die lastige muskiete!

As dit nie help nie, kan jy jou naaste apteek besoek en vra vir antihistamienroom.

Bronne: gov.uk, everydayhealth.com, globalhealingcentre.com