Die Australiese kolwer Phillip Hughes is Donderdag dood weens die beserings wat hy vandeesweek van ’n opslagbal in ’n krieketwedstryd opgedoen het, het Krieket Australië gesê.

“Dit is my ongelukkige plig om julle in te lig dat Phillip Hughes gesterf het,” het die Australiese spandokter Peter Brukner in ’n verklaring gesê.

Die 25-jarige speler is Dinsdag in ’n eersteklaswedstryd tussen Nieu-Suid-Wallis en Suid-Australië beseer.

Hy het 63 lopies aangeteken voor ’n opslagbal van Sean Abbott hom tref. Hy het ’n kriekethelm opgehad.

Nieu-Suid-Wallis se spelers en die skeidsregter het vinnig hulp ontbied. Is, is per ambulans na die St. Vincent-hospitaal vir behandeling geneem.

Bronne: Sapa, Sky News