Regt. Thokozile Masipa het die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius vrygespreek van die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp.

Sy het Donderdagoggend uitspraak in sy moordsaak begin lewer.

Onder is ’n versameling aanhalings van die dag:

  1. “Die staat het nie bo redelike twyfel bewys dat die beskuldigde aan moord met voorbedagte rade skuldig is nie. Daar is net nie genoeg feite om so ’n bevinding te ondersteun nie.” – regt. Masipa.
  2. “Die beskuldigde kan dus nie skuldig wees aan moord (dolus eventualis) wees nie. Maar dit is nie die einde van die saak nie, want strafbare manslag is ’n bevoegde uitspraak.” – regt. Masipa.
  3. “Hoe kan die beskuldigde redelik voorsien dat die skote wat hy afgevuur het, die oorledene sou doodmaak?” – regt. Masipa.
  4. “Duidelik het hy nie subjektief voorsien dit is moontlik dat hy die persoon agter die deur sou doodmaak nie – laat staan die oorledene omdat hy gedink het sy was in die slaapkamer.” – regt. Masipa.
  5. “Om anders te bevind sou gelykstaande wees aan sê die beskuldigde se reaksie nadat hy besef het hy het die oorledene geskiet het, is vervals – dat hy toneelgespeel het – net om die omstanders te flous.” – regt. Masipa.
  6. “Tydens sy getuienis het hy bedaard en logies voorgekom, maar tydens kruisondervraging het hy hy sy kalmte verloor. Dit het geblyk die beskuldigde het aan enorme emosionele stres gely en is getraumatiseer deur die herlewing van die voorval.” – regt. Masipa.
  7. “As enige beskuldigde waarlik glo hul lewe is in gevaar, maar objektief nie is nie, is hul daad onwettig as hulle onder sulke omstandighede iemand doodmaak.” – regt. Masipa.
  8. “Die beskuldigde is ’n baie swak getuie.” – regt. Masipa.
  9. “Die beskuldigde wou duidelik die vuurwapen gebruik.” – regt. Masipa.
  10. “Hierdie hof is tevrede dat die beskuldigde op die betrokke tyd kon onderskei tussen reg en verkeerd.” – regt. Masipa.
  11. “Hierdie bewering is teenstrydig met dié van iemand wat geskiet sonder om te dink.”  – regt. Masipa.
  12. “Dit sou onwys wees om te steun op enige getuienis van die getuies wat getuig het oor wat hulle daardie oggend gehoor het. Die mens is feilbaar en maak staat op geheue, wat met die verloop van tyd vervaag.” – regt. Masipa.
  13. “In my mening beteken hierdie bewyse van die staat of die verdediging niks. Nóg die bewyse van ’n liefderyke verhouding nóg van ’n versuurde verhouding kan hierdie hof help. Hierdie bewyse bewys niks.” – regt. Masipa oor die WhatsApp-boodskappe tussen Oscar en Reeva.
  14. “Oordeelsdag het aangebreek; wat jy saai, sal jy maai. Oscar, jy kan nou ophou toneelspeel.” – ’n plakkaat deur ’n Johannesburgse vrou, Caroline Trummer, in pienk handskoene en bypassende beenverwarmers.
  15. “Julle stres my al heelweek uit.” – die aanklaer Andrea Johnson wat grap met joernaliste in verwysing na voorbereidings vir die uitspraak.
  16. “Sulke pyn gaan nooit weg nie.” Busi Khumalo, wie 18-jarige dogter, Zanele, in 2011 verwurg en verkrag is.