Die enigste bestemming buite dié provinsie is Johannesburg, wat die vyfde plek gehaal het. Die bestemmings is bepaal met behulp van ’n algoritme wat die hoeveelheid en gehalte van resensies en graderings vir hotelle, toerisme-aantreklikhede en restaurante in bestemmings wêreldwyd in ag neem, en is oor ’n tydperk van 12 maande versamel.

Kaapstad is heelbo aan die lysie, gevolg deur Knysna en Franschhoek.

Kaapstad is heelbo aan die lysie, gevolg deur Knysna en Franschhoek. Die Moederstad beklee ook die 10de plek op TripAdvisor se top 25 plekke in die wêreld om in 2015 te besoek. Die stad het gewilde stede soos New York, Barcelona, Doebai en Hong Kong uitgestof.

Die webtuistes wat deur TripAdvisor onderskryf word, is die grootste reisgemeenskap ter wêreld, met meer as 315 miljoene unieke maandelikse bladbesoeke, en meer as 200 miljoen resensies en opinies van meer as 4,5 miljoen blyplekke, restaurante en aantreklikhede, wat in 45 lande wêreldwyd sake doen.

Die 10 top bestemmings volgens die gebruikers in Suid-Afrika is:

  1. Kaapstad
  2. Knysna
  3. Franschhoek
  4. Plettenbergbaai
  5. Johannesburg
  6. Constantia
  7. Kampsbaai
  8. Hermanus
  9. Paarl
  10. Stellenbosch

Bron: News24