Dit het boonop tydens ’n droogte van rekordafmetings gebeur.

Die ster van Magnum P.I. en sy vrou, Jillie Mack, word daarvan beskuldig dat hulle sedert 2013 ten minste 12 keer ’n vragmotor na ’n naburige vallei gestuur het om water te gaan haal, iets wat skaars was gedurende die kwaai droogte.

Volgens die Sun Sentinel het die Calleguas-munisipale waterdistrik sowat R140 000 aan ’n privaat speurder betaal om Tom aan te keer.

Inwoners van die droogtegeteisterde suidelike dele van Kalifornië is beveel om hul watergebruik met 25 persent te verminder tydens die droogte wat vier jaar geduur het.

Die polisie het die bewering ondersoek, maar kon nie bewyse vind dat enige misdaad gepleeg is nie.

Die Calleguas-munisipale waterdistrik het geweier om kommentaar te lewer op die aangeleentheid.

Bronne: Sky News, Daily Mail