Die Harry Potter-akteur Tom Felton (26) lyk omtrent aantreklik op die jongste voorblad van die tydskrif Glamoholic.

Sy raad aan jong akteurs is: “Ek was baie gelukkig om altyd baie goeie vriende om my te hê terwyl ek as kind flieks gemaak het. Vriende wat nie eintlik belangstel het in wat ek as akteur doen nie, maar ná skool wou uithang of – later in my lewe – ’n bier wou drink en sokker kyk. Kry goeie vriende; dis my beste raad.”

Bron: justjaredjr.com