TomDaley

Die 19-jarige Olimpiese swemmer, wat vermoedelik nou met die Oscar-bekroonde draaiboekskrywer Dustin Lance Black uitgaan, erken hy het die eerste stap gedoen, al het hy nie geweet of die ou gay is of nie.

In ’n onderhoud op die geselsprogram The Jonathan Ross Show wat Saterdag 7 Desember uitgesaai sal word, het hy gesê: “Dit was liefde met die eerste oogopslag. Ek het nog nie voorheen so iets ervaar nie. Ons was op ’n partytjie en ek het heelaand nie met hom gepraat nie. Ek het eers nie geweet wat om te doen en of hy gay is nie.

“Ek het die eerste stap gedoen. Ek het ‘bel my’ in sy notas op sy foon ingetik met ’n lagbekkie daarby en hy het die volgende dag vir my ’n teksboodskap gestuur.

“Hy laat my veilig en gelukkig voel. Op die oomblik kan ek nie gelukkiger wees het nie.

“Ek het nog nooit die gevoel van liefde ervaar nie. Dit het baie vinnig gebeur. Dit het my so oorweldig dat ek hom nie uit my gedagtes kon kry nie. Ek het dit nog nooit ervaar dat ek iemand liefhet en hulle het my net so lief nie.”

Tom gee ook die nuwe man in sy lewe erkenning daarvoor dat hy hom “ekstra motivering” gee om te duik, want hy het “terneergedruk” gevoel ná die Olimpiese Spele in Londen in 2012, al het hy ’n bronsmedalje gewen.

Hy het bygevoeg: “Hy het my daarvan gered dat ek nie meer wou duik nie. Ná die Olimpiese Spele was ek terneergedruk, want dis ’n baie moeilike manier om weer die bul by die horings te pak, maar hy gee my daardie ekstra motivering en laat my harder werk. En dit is presies wat ek nodig gehad het.”

Tom het in ’n YouTube-video wat hy Maandag gelaai het, onthul hy gaan met ’n man uit. En hoewel hy erken hy was doodbang om vir die wêreld van sy verhouding te vertel, is hy oorweldig deur die wonderlike ondersteuning wat hy kry.

Hy het verduidelik: “Ek was vreesbevange daaroor om dit te doen, want dit was so onbekend, maar dit is wonderlik dat almal so ondersteunend daaroor is.”