Tom het die verklaring Dinsdag in Los Angeles ingedien in ’n naamskendingsaak teen die uitgewery Bauer. Die akteur dagvaar dié onderneming oor twee skinderstories van 2012 waarin beweer is hy het sy dogter “verlaat”.

In sy twee bladsy lange verklaring skryf hy, al het hy sedert sy egskeiding aan twee rolprente gewerk, praat hy “amper elke dag” met Suri, en hou Katie hom op die hoogte van haar vordering.

Tom se prokureur vra dat ’n regter Bauer moet opdrag gee om te erken hulle het nie bronne gehad om hul bedenkinge oor sy ouerskap te staaf nie.

Bauer se prokureurs voer aan ’n regter moet Tom se aansoek verwerp.

Sapa

Sapa