Die akteur, wat Woensdag 3 Julie 51 geword het, het sy lewe glo doelbewus aangepas nadat Katie (34) verlede jaar ná ses jaar van hom geskei is en alleentoesig oor hul dogter, Suri (7), gekry het.

Iemand wat Tom goed ken, het aan UsMagazine.com gesê: “Tom het beslis ’n paar veranderinge gemaak sedert hy verlede jaar geskei is. Om die waarheid te sê, hy is baie meer ontspanne en uitgelate.”

Die bron het ook vertel Tom geniet dit tans om enkellopend te wees en kyk nie uit vir ’n meisie nie. “Noudat hy op sy eie is, wil hy weer ’n bietjie uitgaan. Hy het al met ’n paar vroue op afsprake gegaan, maar niks ernstigs nie.”

’n Ander bron het vertel die akteur, wat voorheen met Nicole Kidman en Mimi Rogers getroud was, probeer uit die kollig bly noudat sy derde huwelik ook gevou het.

“Sedert die egskeiding bestee hy baie meer tyd daaraan om dinge te oordink en te verwerk.”