tolk

Volgens die berig het Thamsanqa Jantjie se vrou, Siziwe, haar man Dinsdag vir ’n ondersoek na die hospitaal op Krugersdorp gebring waar daar voorgestel is hy word onmiddellik opgeneem. “Die afgelope paar dae was baie moeilik. Ons het hom ondersteun omdat hy dalk ’n ineenstorting gehad het,” sê sy.

Thamsanqa was glo veronderstel om op 10 Desember vir ’n ondersoek na die hospitaal te gaan, maar toe hy gevra is om daardie dag as ’n tolk by die gedenkdiens in die FNB-stadion in Soweto op te tree, het hy gevra die hospitaal moet afspraak uitstel.

Collins Chabane, die minister in die presidensie, het verlede Woensdag gesê die regering gaan bewerings ondersoek dat Thamsanqa onverstaanbare gebaretaal gebruik het.

Thamsanqa het ná die gedenkdiens aan talle media vertel hy het ’n skisofreniese voorval beleef waarin hy engele gesien het en het paniekbevange geraak toe hy besef hy word omring deur gewapende polisebeamptes. – Sapa