Hulle staan ook tereg op aanklagte van verkragting en roof met verswarende omstandighede. Die mans se eerste hofverskyning was op 11 Maart.

Franziska (16) se liggaam is op 7 Maart in die Tokai-woud gevind. Die tiener is van haar iPhone, horlosie, oorfone en diamantring beroof.

Die aanklaer, Kepler Uys, sê haar besittings is in die beskuldigdes se besit gevind. Die vier het aansoek gedoen om regshulp.

Daar is aan hulle gesê dat hulle by die Wynberg-polisieselle aangehou word omdat die staat nog verdere borgtog-inligting verifieer.

Een van die beskuldigdes het aangedui dat hy ongelukkig daaroor is, omdat hy nie daar besoekers sal kan ontvang nie. Hy wou ook sy klere saam tronk toe kon neem en bad en het gevra of hy eerder by die Pollsmoor-gevangenis aangehou kan word.

Die hof het hom egter verseker hy sal items soos seep en sjampoe in die selle ontvang.

Volgens die klagstaat is drie van die beskuldigdes van Westlake; een woon in Steenberg. Hul ouderdomme wissel tussen 21 en 32.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Derick se roerende brief aan Joost

Wanhopige ouma se ope brief: ‘Help! My kleinkind is ’n bedorwe brok!’

Dis waarom jy nooit aartappels in die yskas moet hou nie

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Massamoordenaar Anders Breivik kla oor ‘onmenslike toestand’ van sy tronksel

Sorina jubel in HOOFLETTERS! ‘Braambossie’ se sussie is hier