In ’n skokwending het hy vandag, nadat hy eers hardkoppig volgehou het hy het die tiener net vermoor, beken hy het haar verkrag ook.

In sy bekentenis wat vandag voorgelees is, het hy erken hy het die tiener om haar nek gegryp om haar buite aksie te stel. Hy het haar die bosse ingesleep nadat sy haar bewussyn verloor het om te verhoed dat iemand hulle sou sien.

Daarna het hy haar beroof, vasgebind en verkrag. Oliver het ook erken dat hy haar verwurg het.

Hy het vroeër beweer die sperma wat in haar liggaam gevind is, is van verskeie mans afkomstig. Hy wou haar selfoon, ’n iPhone, steel.

Oliver het ook destyds aangedui dat hy Franziska se broek afgetrek het “sodat sy haarself kan fix” wanneer sy bykom. Maar hy ontken dat hy enigsins haar onderklere verwyder het.