Daar is ’n moontlikheid dat nóg aanklagtes teen die drie verdagtes wat môre in die Wynberg-landdroshof in verband met die moord op Franziska Blöchliger (15) verskyn, aanhangig gemaak sal word, sê lt. kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder.

A photo posted by Cornelia Brown (@nelia330) on

’n Vierde verdagte wat by Franziska se moord betrek word, sal ook in die hof verskyn op ’n aanklag van die besit van goedere wat vermoedelik gesteel is.

Die drie verdagtes – tussen die ouderdomme van 22 en 27 – is Dinsdagaand laat in hegtenis geneem na Franziska se lyk Maandagmiddag in Tokai-woud gekry is. Die tiener is vermoedelik verwurg ná sy vermis geraak het na sy alleen in die woud gedraf het.

Haar moord het die land geruk en haar ouers verpletter. “Sy is erg verniel. Dit is so erg dat ek dit nie eers wou glo nie. Dit was beslis nie net roof nie,” het haar pa, Florian, Woensdag aan Die Burger gesê.

– Almari Wessels

Ander stories op Huisgenoot.com

Vrou in Zephany Nurse-saak skuldig

Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Kyk: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe

‘Liefie’ hier en ‘skattie’ daar: Basta met troetelname op kantoor sê vroue