Die Magic Restroom Café in Los Angeles het in plek van eetkamerstoele, toiletsitplekke. En die Taiwanese kos word in toiletvormige bakke bedien.

Volgens die Eater LA, sluit disse op die spyskaart onder meer die Golden Poop (bruin Kerrie), Constipation (noedels met sojaboon-pasta) en Smells Like Poop (gesmoorde vark en rys) in. Vir nagereg kan jy ’n Bloody Number Two (vanilje-aarbei roomys) en Black Poop (sjokolade-sundae) bestel.

Die idee vir dié restaurant kom glo van die Modern Toilet-restaurantketting wat seder 2004 in Asië bestaan.

Bron: Daily Mail