toffees

Genoeg vir 2 mense

Jou benodighede:

1 bakkie appelliefies

500 ml (2 k) strooisuiker

100 ml water

65 ml (¼ cup) gouestroop

5 ml (1 t) wynasyn

tandestokkies

Ryg elke appelliefie op ’n tandestokkie. Hou ’n vel waspapier byderhand vir nadat die appelliefies gedoop is. Los die strooisuiker in die water op in ’n klein, diep kastrol oor medium hitte. Voeg die stroop en asyn by. Kook tot dit die hardelekkergoed-stadium bereik, sowat 140 °C.

(As jy dit sonder ’n termometer wil toets, kan jy ’n bietjie warm vloeistof in ’n glas koue water gooi. Dit moet amper onmiddellik kristalliseer.) Verwyder van die hitte.

Doop elk appelliefie en bedek dit heeltemal in toffie. Laat op die waspapier stol.

Vir die ganache:

150 g donkersjokolade

125 ml (½ k) room

5 ml (1 t) rissievlokkies

bessies en vars vrugte vir doop

Smelt die sjokolade en room saam in ’n bak oor warm water. Roer die rissievlokkies by. Sit voor saam met bessies en vrugte.

- Resep deur Cakebread

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.