Die kommissaris van die distrikshof in Los Angeles, David J. Cowan, het ’n toesigsaak oor Meadow Walker afgewys ná ’n gesprek met Amy Nieman, die 15-jarige se regsverteenwoordiger.

Volgens Amy het Meadow se ma, Rebecca Soteros, tyd met haar dogter deurgebring terwyl sy rehabilitasie ontvang vir alkoholisme. Sy is tans nugter.

Sy sê die tiener is in ’n oppasser se sorg wat haar al twee jaar lank help grootmaak.

Paul Walker se ma het aansoek gedoen om toesig oor haar kleindogter, maar het die saak laat vaar om Meadow se wense te eerbiedig.

Die Fast & Furious-ster is in November in ’n motorongeluk oorlede.

- Sapa