Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, het bekend gemaak dat agt grootmense en vier kinders kneusplekke en skrape opgedoen het toe water onverwags deur een van die tonnels by die bekende Kasteel afgespoel het.

Die groep, onder leiding van ’n toerleier, was op ’n toer deur die tonnel toe die water onverwags op hul afkom. Die momentum van die water het die meeste van die groep se voete letterlik onder hulle uitgeslaan. Dit het tot geringe beserings gelei.

Die toergids het daarin geslaag om die groep kalm te hou en na die naaste uitgang te lei waar nooddienste verder oorgeneem het.

In hierdie stadium kom dit voor dat daar van elke toerlid rekenskap gegee kan word. Dit is egter onduidelik waar die water so skielik vandaan gekom het.

  • Gedeeltes van die tonnel, oftewel ondergrondse kanale, dateer terug tot 1652. Dit was instrumenteel om die Kompanjiestuine en besoekende skepe van vars water te voorsien.