Die kleurryke reisbrosjure met sy koelblou see en eindelose wit strande het jou finaal oorreed: Vanjaar gaan jy jou spaargeldjies bymekaarskraap en jouself bederf met die maand lange eilandvakansie waarvan jy al jare droom.

Jy kan feitlik al die Pina Colada proe waaraan jy rustig in die koelte van ’n palmboom teug. Wanneer jy uit jou dagdroom wakker skrik, staan jy steeds in die ry by die ambassade waar jy aansoek doen om ’n visum.

As jy dink Suid-Afrikaners het dit sleg met visumaansoeke, wees dankbaar jy woon nie in Irak nie. Of, nog erger, Afghanistan. Volgens die konsultante Henley & Partners het dié landsburgers die slegste paspoorte om mee te reis. Die groep het alle lande in die wêreld gelys volgens die reisvryheid wat dit aan hul burgers bied.

Boaan dié lys is Finland, Swede en die Verenigde Koninkryk. Burgers van dié lande kan 173 lande sonder ’n visum besoek. Die tweede plek word gedeel deur Denemarke, Duitsland, Luxemburg en die VSA, wat elk 172 sonder ’n visum kan besoek. Heel onderaan die lys is Afghanistan, wie se burgers net 28 lande sonder ’n visum kan besoek. Suid-Afrika is 42ste op die lys omdat Suid-Afrikaners na 94 lande kan  reis sonder dat ons om ’n visum hoef aansoek hoef te doen (sien ’n lys onderaan).

Reis hierheen sonder ’n visum

Afrika Suid-Afrikaners kan sonder ’n visum na die meeste lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) reis, behalwe as jy van plan is daar te werk.

Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig om die volgende lande te besoek nie:

  • Benin
  • Botswana
  • Gaboen
  • Kenia
  • Lesotho
  • Malawi
  • Mauritius

  • Mosambiek
  • Namibië
  • Rwanda
  • Senegal
  • Swaziland
  • Zambië
  • Zimbabwe

 

Jy kan met jou aankoms in dié lande ’n visum bekom:

  • Kaap Verdiese Eilande
  • Comoro-eilande
  • Egipte
  • Etiopië
  • Madagaskar
  • Tanzanië
  • Tonga
  • Tunisië
  • Uganda
Suid- en Sentraal-Amerika Jy kan na byna enige land in Suid- en Sentraal Amerika reis met net jou paspoort in jou sak. Daar is egter ’n paar uitsonderings, onder meer Suriname, Frans-Guiana, Mexiko, Kuba en Puerto Rico.

Suid-Afrikaners kan die volgende lande sonder ’n visum besoek:

  • Antigua en Barbuda
  • Argentinië
  • Bahamas
  • Barbados
  • Belize
  • Brasilië
  • Virginiese Eilande (Brits)
  • Chili
  • Colombië
  • Costa Rica
  • Dominica
  • Ecuador
  • El Salvador
  • Grenada
  • Guatemala
  • Guinee
  • Haïti
  • Honduras
  • Jamaika
  • Nicaragua
  • Panama
  • Paraguay
  • Peru
  • St. Lucia
  • St. Vincent en Grenadine
  • Uruguay
  • Venezuela

Noord-Amerika Suid-Afrikaners het ongelukkig vir alle lande in Noord-Amerika ’n visum nodig. Europa Jy het ’n visum nodig vir die meeste lande, behalwe vir dié enkele uitsonderings:
  • Ierland
  • Kosovo
  • Frankryk se Réunion (sedert 1 Maart vanjaar)
Asië

  • Filippyne
  • Georgië
  • Hongkong
  • Macao
  • Maledive
  • Maleisië
  • Singapoer
  • Thailand

Visum met aankoms:

  • Armenië
  • Bangladesj
  • Bahrein
  • Indonesië
  • Kambodja

  • Laos
  • Nepal
  • Sri Lanka
  • Suid-Korea
Midde-Ooste Suid-Afrikaners kan Israel en Jordanië sonder ’n visum besoek. Jy kan met jou aankoms ’n visum vir Oman en Turkye bekom. Oseanië Cookeilande, Fidji, Mikronesië, Nauru, Nieu-Seeland, Palau, Samoa Tuvalu en Vanuatu.

Besoek die nasionale regering se webtuiste om alle visumveriestes vir Suid-Afrikaners te besigtig.

Shané Barnard

Bykomende bron: News24.com