Die burgerregte-organisasie AfriForum Jeug het Vrydag ’n tussentydse bevel bekom wat die Universiteit Stellenbosch dwing om Afrikaans as onderrigmedium te herstel.

[caption id="attachment_119945" align="alignnone" width="600"]Die Ou-hoofgebou van die Universiteit van Stellenbosch. Foto: mischdaniels/Instagram Die Ou-hoofgebou van die Universiteit van Stellenbosch. Foto: mischdaniels/Instagram[/caption]

Die groep se verteenwoordigers het kortliks in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn waar hulle ’n dringende aansoek gebring het om die universiteit te dwing om hul taalbeleid toe te pas.

Adjunk-regterpres. Jeanette Traverso het dit toegestaan. Dit beteken die universiteit moet teen 29 Maart na die “goedgekeurde taalbeleid” terugkeer.

Die universiteit moet Engels en Afrikaans gelyke status as onderrigmediums gee, sê Daniel Rossouw, AfriForum se prokureur. Die partye sal terugkeer hof toe op ’n datum wat nog bepaal moet word.

Hulle het verplig gevoel om die hof te nader nadat hulle uitgevind het sommige fakulteite voldoen nie aan die universiteit se taalbeleid nie.

Verskeie klagtes is ontvang van studente wat in Afrikaans wou studeer, sê Hein Gonzales, woordvoerder van AfriForum Jeug.

“Ons moes hof toe om die universiteit te dwing om sy eie taalbeleid toe te pas. Studente het in Afrikaans vir kursusse geregistreer wat veronderstel is om in Afrikaans en Engels te wees.”

Hy het gesê hulle het ’n mandaat ontvang en studente soek tersiêre opleiding in hul eie taal. Hulle is tevrede met die uitkoms van die aansoek.

“Dit is nie net ’n oorwinning vir Stellenbosch nie, maar ’n nasionale oorwinning wat vir universiteite sê dis ons grondwetlike reg om Afrikaans as taal in tersiêre instellings te hê, en ons sal baklei daarvoor. Nie net in die Wes-Kaap nie, maar ook op ander kampusse.”

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Vir Altyd verskuif grense ná hul meeste geld nog vir Afrikaanse fliek verdien

Motoris se lyk gevind ná hy op pad werk toe in Pretoria-vloede wegspoel

Desiré Gardner omtower in ‘vurige, borrelende blondine’ én deel wonderlike nuus!

Grusame besonderhede oor Tokai-moord kom aan die lig