Die drome wou net nie wyk nie. Nag ná nag het sy gedroom van haar dogter wat bo die water in

’n trourok sweef.

Dan het die onderpunte van die rok skielik aan die brand geslaan en moes sy magteloos toekyk

hoe die vlamme haar lieflingkind verswelg.

Die nagmerries het Ronel du Plessis lank geteister, maar in die weke vooraf was dit erger as ooit

tevore. Sy het elke dag rondgeloop met die wete: Iets verskrikliks gaan met my kind gebeur.

En toe gebeur dit.

In Maart 2008 het Nell-Marie Lyon op 22-jarige ouderdom aaklige brandwonde opgedoen

nadat brandstof na bewering oor haar uitgegooi en sy aan die brand gesteek is. Sy het twee en

’n half weke gely voor sy uiteindelik dood is.

Nou is daar oplaas ’n moordverhoor.

En met Nell-Marie se kêrel, Gideon Bouwer (33), uiteindelik in die beskuldigdebank, kan Ronel vir die eerste keer haar hart oopmaak oor die verskriklike ding wat haar dogter aangedoen is.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 22 April 2010.

Bespreek vir Skouspel!