pous

“Dit het nog selde gebeur dat ’n nuwe speler op die wêreldverhoog so vinnig so baie aandag van jonk en oud, gelowig en sinies vasgevang het, soos pous Franciskus,” skryf Nancy Gibbs op time.com oor “die volkspous”.

“Die wêreld word kleiner, individuele stemme word harder, tegnologie maak deugsaamheid wyd bekend; dus is sy kansel sigbaar tot in die uithoeke van die wêreld. Wanneer hy die gesig van ’n misvormde man soen of die voete van ’n Moslem-vrou was, weerklink dié beeld ver verby die grense van die Katolieke Kerk.”

Ander name op die kortlys is onder meer Edward Snowden, die voormalige Nasionale Veiligheidsagentskap-kontrakteur wat geklassifiseerde dokumente aan die media gelek het, en Basjar al-Assad, die Siriese diktator.

Die sanger Miley Cyrus was ook een van die 10 kandidate, maar het nie die kortlys van vyf gehaal nie.

Onlangse wenners

2012 – Barack Obama

2011 – Die betoger

2010 – Mark Zuckerberg

Bron: time.com