Hy hou vol ’n dieet met baie vet is baie gesonder as wat nog altyd gemeen is.

Die GBR se kommunikasiebestuurder, Priscilla Sekhonyana, het aan Health24 gesê die klagte hou verband met onprofessionele gedrag. “’n Verhoor gaan op 4 en 5 Junie plaasvind.”

Die Banting-konsep

Noakes, wie se boek The Real Meal Revolution gegrond is op die “Banting”-konsep van lae-koolhidraat-hoë-vet (LKHV), sê Claire Julsing-Strydom, voorsitter van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika (VDSA), het glo die klagte ingedien. “Ek neem aan dit is ’n persoonlike klagte en nie direk van die VDSA nie.”

Hy sê hy het ’n ma op Twitter aangeraai om haar kind LKHV-kosse te voer, wat hy as “regte kos” beskryf. “Per implikasie sê ek die kind moenie tradisionele hoë suiker, soos verwerkte ontbytgraan wat baie koolhidraat bevat, gevoer word nie.” Tim sê dis reeds die norm sedert die bekendstelling in die VSA in 1936 van hierdie kosse deur die Gerber-babakosmaatskappy, nou ’n filiaal van die Nestlé-groep is.

Die gesondheidsraaisel

“Ironies was dit die eerste industriële kosse (met ander woorde, hoë verwerkte voedsel) en mettertyd het dit gelei tot hoë verwerkte voedsel wat ons nou eet en as gesond beskou, deels omdat ons smaak kleintyd gekondisioneer is deur ons vroeë blootstelling aan hierdie ‘nievoedsel’. Die doel van The Real Meal Revolution is om die publiek aan te moedig om te verstaan hulle sal gesonder wees as hulle gesonder kos eet en nie nagemaakte industriële, verwerkte kos nie. En dit moet by geboorte al begin,” het Tim gesê.

Hy sê wanneer hy voor die GBR verskyn, sal hulle besluit of hy aan laakbare gedrag op sosiale media skuldig is of nie, maar Tim is nogal positief.

Verander die gety?

“Ek dink dit kan ’n keerpunt wees in die debat oor wat ons kinders en ook grootmense behoort te eet,” het hy gesê. “As die verteenwoordigers van die GBR bereid is om te luister na die wetenskap, sal hulle besef daar is ernstig fout met voedselonderrig in Suid-Afrika, en wêreldwyd.”

Tim voeg by: “Die keuse tussen gesondheid en swak gesondheid begin by ons kinders sodra hulle gespeen word. Pogings om hierdie inligting van die algemene publiek te weerhou, kan nie verewig slaag nie.”

Health24 het die VDSA om kommentaar genader. “Die GBR raai die VDSA aan om gee kommentaar te lewer nie omdat die ondersoek sub judice is.”

Health24