Die wêreld se voorste gholfspeler, Tiger Woods, sal nie vanjaar aan die Amerikaanse Meesterstoernooi deelneem nie nadat hy die afgelope week ’n rugoperasie moes ondergaan om ’n vasgeknypte senuwee te behandel. Dit pla hom nou al maande lank.

Dit sal die eerste keer die afgelope 30 jaar wees dat Tiger dié toernooi in Augusta in die Amerikaanse staat Georgia misloop.

“Dis vir my baie hartseer om aan te kondig dat ek die Meesters gaan misloop. Dankie vir al my aanhangers se mooi wense,” het Tiger, wat al in 14 meesterstoernooie gewen het, op Twitter en sy webtuiste gesê.

Dié gholf-superster mik op die gholflegende Jack Nicklaus se rekord van 18 meesterstitels, maar Tiger glo hy sal dit ondanks dié terugslag steeds kan ewenaar.

Tiger het sedert 1995 elke jaar aan die Amerikaanse Meesterstoernooi deelgeneem en is hul grootste ster. Hy het geseëvier in 2001, 2002 en 2005. – Sapa