Tiger Woods keer volgende maand terug na gholf in die Amerikaanse Meesterstoernooi op Augusta, het hy Dinsdag op sy webtuiste aangekondig.

Dié toernooi begin op 8 April.

Die wêreld se voorste gholfspeler het in Desember aangekondig dat hy 'n onbepaalde breuk van dié sport gaan neem ná sy buite-egtelike verhoudings aan die lig gekom het.