Luidens berigte het die tweejarige seun sy arm in die hok van ’n wit Bengaalse tier gedruk om die dier se aandag te trek.

Die tier het die seun se arm beetgekry en ’n groot stuk spier afgeskeur.

Volgens die Shanghaiist is die kleuter dadelik vir noodbehandeling na die Volkshospitaal in Yan’an gebring voor hy na ’n ander hospitaal oorgeplaas is waar hy ’n operasie ondergaan het.

Ongelukkig kon sy hele arm nie gered word nie en is dit onder die elmboog geamputeer.

Die seun het die dieretuin saam met drie volwasse familielede besoek.

Bronne: metro.co.uk, dailymail.co.uk